Jeremiah 32:39 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal hulle een hart en een weg gee, dat hulle My vir ewig kan vrees, tot voordeel van hulle en hulle kinders ná hulle.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal hulle harte op My rig, met een doel voor oë: om My vir altyd te dien. Dit sal vir hulle en hulle kinders die beste wees om te doen.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal hulle een hart en een weg gee om My altyd te vrees, hulle ten goede en hulle kinders nhulle.
Afrikaans 1983 Ek sal hulle 'n onverdeelde hart en 'n vaste koers gee: hulle sal My altyd dien vir hulle eie beswil en vir dié van hulle kinders na hulle.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal aan hulle eensgesinde harte gee en een pad, sodat hulle altyd vir My ontsag sal hê, tot hulle eie beswil en dié van hulle kinders ná hulle.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal hulle almal saam laat besluit om My altyd te dien en om te lewe soos Ek wil hê, sodat dit goed sal gaan met hulle en hulle kinders.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal maak dat hulle almal sal saamstem om vir altyd net vir My te dien. Dit sal vir hulle en hulle kinders die beste ding wees om te doen.