Jeremiah 32:37 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, Ek sal hulle versamel uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het in my toorn en in my grimmigheid en in groot toorn; en Ek sal hulle na hierdie plek terugbring en hulle veilig laat woon. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar hoor gerus hier: Ek sal hulle weer bymekaarmaak van oral oor die aarde waarheen Ek hulle verjaag het oor Ek woedend kwaad vir hulle was. Dan sal Ek hulle na hierdie plek toe terugbring en hulle veilig laat woon. |
| Afrikaans 1933/1953 | kyk, Ek laat hulle bymekaarkom uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het in my toorn en in my grimmigheid en in groot gramskap; en Ek sal hulle na hierdie plek terugbring en hulle veilig laat woon. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal hulle bymekaarmaak uit al die lande waarheen Ek hulle verjaag het in my gloeiende toorn en in my groot woede. Ek sal hulle hierheen terugbring en hulle sal hier rustig kom woon. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Kyk, Ek gaan hulle bymekaarmaak uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het in my toorn, my woede en in fel grimmigheid. Ek sal hulle na hierdie plek toe terugbring en hulle veilig laat woon. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Luister, Ek was kwaad en baie ontevrede en Ek het die mense van die stad gejaag na al die kante toe. Maar Ek sal hulle bymekaarmaak uit al die lande en Ek sal hulle terugbring en hulle veilig laat woon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar hoor gerus hier, Ek sal my mense weer bymekaarmaak wat Ek weggejaag het omdat Ek kwaad was. Dan sal Ek hulle terugbring uit al die lande waar Ek hulle laat beland het. Hier sal Ek hulle veilig in Jerusalem laat bly. |