Jeremiah 32:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En nou daarom, so sê die HERE, die God van Israel, aangaande hierdie stad waarvan julle sê: Dit sal in die hand van die koning van Babel oorgegee word deur die swaard en deur die hongersnood en deur die pes;
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here, die God van Israel, sê: “Ek wil nog iets oor hierdie stad sê. Julle sê nou wel: ‘Hierdie stad sal onder beheer van die koning van Babel kom deur oorloë, hongersnood en siektes.’
Afrikaans 1933/1953 Daarom, so spreek dan nou die HERE, die God van Israel, aangaande hierdie stad waarvan julle sê: Dit is in die hand van die koning van Babel oorgegee deur die swaard en die hongersnood en die pes --
Afrikaans 1983 Tog, so sê die Here die God van Israel vir hierdie stad waarvan julle sê dit sal deur die swaard en hongersnood en pes in die mag van die koning van Babel gegee word:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En nou, in die lig hiervan” – so sê die Here, die God van Israel, aan hierdie stad waarvan julle sê, ‘Dit is oorgegee in die hand van die koning van Babilonië deur die swaard, hongersnood en epidemie’:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die Here, die God van Israel, sê nou: “Julle sê Ek sal hierdie stad vir die koning van Babel gee, Ek sal oorlog en honger en pes in die stad laat kom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here, die God van Israel sê: “Ek wil nou nog iets oor hierdie stad sê. Julle sê nou wel dat hierdie stad onder die beheer van die koning van Babel sal kom as gevolg van die gevegte, die gebrek aan kos en die siektes.