Jeremiah 32:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het die hoogtes van Baäl gebou wat in die dal van die seun van Hinnom is, om hulle seuns en hulle dogters vir Molog deur die vuur te laat deurgaan; wat ek hulle nie beveel het nie, en dit het nie in my gedagtes opgekom dat hulle hierdie gruwel sou doen om Juda te laat sondig nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het in die Ben-Hinnomdal hoogtes vir Baäl gebou. Daar het hulle hulle seuns en dogters geoffer om Molek se guns te wen. Dit is nie iets wat Ek vir hulle gesê het om te doen nie. Dit het nie eers in my gedagtes opgekom om hulle so ’n afskuwelike ding te laat doen nie. So het hulle veroorsaak dat Juda sondig!”
Afrikaans 1933/1953 en hulle het die hoogtes van Baäl gebou wat in die dal van die seun van Hinnom is, om hulle seuns en hulle dogters vir Molog deur die vuur te laat gaan -- iets wat Ek hulle nie beveel het nie en wat in my hart nie opgekom het nie, dat hulle hierdie gruwel sou bedrywe om Juda te laat sondig.
Afrikaans 1983 Hulle het hoogtes vir Baäl gebou in die Ben-Hinnomdal om hulle seuns en dogters vir Molek as offers te laat verbrand. Ek het hulle dit nie beveel nie; so 'n afskuwelike gedagte om vir Juda te laat sonde doen, het nie eens by My opgekom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het offerhoogtes vir Baäl in die Ben-Hinnomdal gebou om hulle seuns en dogters aan Moleg te wy – iets wat Ek hulle nie beveel het nie, en wat nie in my gedagtes opgekom het nie – om sodoende iets afstootliks te doen en Juda te laat sondig!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het in die Ben-Hinnom-vallei offer-plekke gebou vir Baäl om hulle seuns en dogters daar te verbrand. Ek het nie gesê hulle moet so 'n offer bring nie, Ek het nooit aan so iets gedink nie. Ek haat dit dat die mense van Juda daardie sonde doen.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het ook in die Hinnomvallei offerplekke vir Baäl gebou. Daar het hulle hulle eie kinders op die altare verbrand om in Molek se goeie boekies te kom. Dit is nie iets wat Ek vir hulle gesê het om te doen nie. Dit het nie eens in my gedagtes opgekom om hulle so ’n afskuwelike ding te laat doen nie. Hulle het Juda so ’n slegte ding laat doen.”