Jeremiah 32:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het die rug na My toe gedraai en nie die aangesig nie; al het Ek hulle geleer deur vroeg op te staan en hulle te leer, tog het hulle nie geluister om tug te ontvang nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | My mense het hulle rug op My gedraai en My nie geëer nie. Dag na dag, jaarin en jaaruit het Ek hulle geleer om tussen reg en verkeerd te onderskei. Maar hulle wou nie luister en gehoorsaam word nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | dat hulle My die rug toegekeer het en nie die aangesig nie, alhoewel Ek hulle geleer het, vroeg en laat, sonder dat hulle geluister het om tugtiging aan te neem. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het hulle rug na My toe gedraai, nie hulle gesigte nie. Ek het hulle vroeg en laat geleer om goed te luister, maar hulle wou nie hoor nie, hulle wou nie uit straf leer nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle draai hulle rug op My en wys nie hulle gesig nie. Alhoewel Ek hulle aanhoudend deeglik onderrig het, het hulle nie geluister deur die teregwysings te aanvaar nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het hulle rug na My toe gedraai, nie hulle gesig nie. Ek het aangehou om vir hulle te leer, maar hulle het nie geluister nie en hulle het nie gelewe soos Ek wil hê nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | My mense het die rug vir My gedraai. Dit het nie eens gehelp dat Ek aangehou en aangehou het om hulle te leer wat reg en wat verkeerd is nie. Hulle het hulle nie aan My gesteur nie. Hulle wou nie leer nie. |