Jeremiah 32:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die kinders van Israel en die kinders van Juda het van hulle jeug af net kwaad gedoen voor My aangesig, want die kinders van Israel het My net met die werk van hulle hande terg gemaak, spreek die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Van hulle jeug af het Israel en Juda niks anders as verkeerd gedoen nie. Hulle het My getart met dit wat hulle doen,” sê die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die kinders van Israel en die kinders van Juda het van hulle jeug af net gedoen wat verkeerd is in my oë; want die kinders van Israel het My deur die werk van hulle hande net geterg, spreek die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Die mense van Israel en Juda het van jongs af net gedoen wat verkeerd is in my oë. Die Israeliete het My getart met goed wat hulle self gemaak het, sê die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Israeliete en die Judeërs het immers van hulle jong dae af net gedoen wat verkeerd is in my oë. Ja, die Israeliete het My met hulle handewerk net getart.” Dit is die uitspraak van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, die Israeliete en die Judeërs het vandat hulle jonk was net dinge gedoen waarvan Ek nie hou nie. Hulle het afgodsbeelde gemaak en hulle het My geterg. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Van die vroegste tye af al het Israel en Juda niks anders as verkeerd gedoen nie. Hulle het My verskriklik kwaad gemaak met die goed wat hulle doen. |