Jeremiah 32:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die Chaldeërs wat teen hierdie stad veg, sal kom en hierdie stad aan die brand steek en dit verbrand saam met die huise op wie se dakke hulle vir Baäl reukwerk gebring het en drankoffers vir ander gode uitgegooi het om My te terg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Babiloniërs wat nou die stad aanval, sal in die stad inkom en dit aan die brand steek. Die vyand sal ook die huise afbrand van mense wat bo-op die dakke wierook vir Baäl gebrand en drankoffers vir ander gode uitgegiet het. Dit het My baie kwaad gemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die Chaldeërs wat teen hierdie stad veg, sal kom en hierdie stad aan die brand steek en dit verbrand, saam met die huise op die dakke waarvan hulle vir Baäl rook laat opgaan het en vir ander gode drankoffers uitgegiet het om My te terg. |
| Afrikaans 1983 | Die Galdeërs wat teen hierdie stad veg, sal dit aan die brand kom steek en dit afbrand, ook die huise waar die inwoners My getart het toe hulle vir Baäl wierook gebrand het op die dakke en waar hulle drankoffers vir ander gode uitgegiet het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Galdeërs wat teen hierdie stad veg, sal kom en hulle sal hierdie stad aan die brand steek en dit afbrand, saam met die huise waar mense op hulle dakke vir Baäl offers verbrand het en vir ander gode drankoffers uitgegiet het om My te tart. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Galdeërs wat nou oorlog maak teen hierdie stad, sal inkom en hulle sal die stad aan die brand steek. Hulle sal die huise verbrand waar die mense van Jerusalem op die dakke wierook-offers gebring het vir Baäl, en waar hulle drank-offers uitgegooi het vir ander gode om My te terg. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Babiloniërs wat nou buite die mure van die stad baklei, sal in die stad inkom en dit aan die brand steek. Hulle sal die huise afbrand. Die vyand sal ook die huise afbrand waar die mense bo-op die dak wierook vir Baäl gebrand het. Die mense het ook by hierdie huise ander gode vereer deur van hulle wyn uit te gooi. Hierdie verering van die gode het My baie kwaad gemaak. |