Jeremiah 32:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, die berge, hulle het na die stad gekom om dit in te neem; en die stad is oorgegee in die hand van die Chaldeërs wat daarteen veg, vanweë die swaard en die hongersnood en die pes; en kyk, jy sien dit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die Babiloniërs veg nou teen die mense in Jerusalem. Hulle het walle gebou om oor die mure van die stad te kom en die stad in te neem. As gevolg van die gevegte, hongersnood en die siektes het die Babiloniërs mag oor die stad verkry. U sien nou dat alles gebeur net soos U gesê het dit sou. |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, die walle het gekom tot by die stad, om dit in te neem; en die stad is oorgegee in die hand van die Chaldeërs wat daarteen veg, vanweë die swaard en die hongersnood en die pes. Ja, wat U gespreek het, het gebeur; en kyk, U sien dit! |
| Afrikaans 1983 | Daar is beleëringswalle teen die stad opgegooi om dit te verower, en die stad is deur die swaard en hongersnood en pes oorgegee in die mag van die Galdeërs wat daarteen veg. Wat U gesê het, gebeur nou. U sien dit self. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, die beleëringswalle kom al tot teen die stad om dit in te neem. Die stad is klaar oorgegee in die hand van die Galdeërs wat daarteen veg, vanweë die swaard, hongersnood en 'n epidemie. Wat U aangekondig het, gebeur nou; kyk, U sien dit self! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Galdeërs maak oorlog teen ons. Kyk, hulle het klaar grond teen die muur gegooi sodat hulle oor die muur kan klim. In die stad is daar hongersnood, en die mense sterf van pes. Alles wat U gesê het, gebeur nou. U sien dit self. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Babiloniërs veg nou teen die mense in Jerusalem. Hulle het reeds walle gebou om oor die mure van die stad te kom en die stad in te neem. Al die gevegte, die tekort aan kos en die siektes het reeds die inwoners van die stad baie swak gemaak. Alles gebeur nou net soos U gesê het dit sou. |