Jeremiah 32:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het ingekom en dit in besit geneem; maar hulle het nie na u stem geluister en in u wet nie gewandel nie; hulle het niks gedoen van alles wat U hulle beveel het om te doen nie; daarom het U al hierdie onheil oor hulle laat kom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons voorouers het hierdie land binnegetrek en dit hulle blyplek gemaak. Maar hulle het geweier om aan U gehoorsaam te wees. Hulle wou nie volgens u voorskrifte lewe en doen wat U hulle beveel het om te doen nie! Dit is die rede hoekom U hierdie onheil oor hulle gebring het. |
| Afrikaans 1933/1953 | en hulle het gekom en dit in besit geneem, maar nie na u stem geluister en in u wet nie gewandel nie; alles wat U hulle beveel het om te doen, het hulle nie gedoen nie. Daarom het U al hierdie onheil oor hulle laat kom. |
| Afrikaans 1983 | U volk het gekom en dit in besit geneem, maar hulle was ongehoorsaam. Hulle het nie u wet onderhou nie, hulle het nie gedoen wat U hulle beveel het om te doen nie. Daarom het U al hierdie rampe oor hulle laat kom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het gekom en dit in besit geneem, maar hulle het nie na u stem geluister nie en u voorskrifte het hulle nie gevolg nie. Hulle het niks gedoen van alles wat U hulle beveel het om te doen nie. Toe het U hulle al hierdie onheil laat beleef. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U volk het gekom en hulle het in hierdie land kom woon, maar hulle was ongehoorsaam aan U en aan u wette, hulle het nie gedoen wat U wil hê nie, en daarom het U hulle gestraf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons voorouers het toe hierdie land ingeval en dit hulle blyplek gemaak. Maar hulle wou nie na U luister nie. Hulle wou ook nie die riglyne wat U vir hulle gegee het oor hoe hulle moet lewe, volg nie. Hulle het omtrent niks van alles wat U van hulle verwag het, gedoen nie. Dit is hoekom hierdie slegte goed hulle nou tref. |