Jeremiah 32:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy het u volk Israel uit Egipteland uitgelei deur tekens en wonders en met 'n sterke hand en met 'n uitgestrekte arm en met groot verskrikking;
Afrikaans (NLV) 2011 U het Israel uit Egipte gebring met tekens en wonders. Dit het gewys hoe groot u mag is en hoe sterk U is. Dit het groot vrees ingeboesem.
Afrikaans 1933/1953 en u volk Israel uitgelei het uit Egipteland deur tekens en wonders en deur 'n sterke hand en 'n uitgestrekte arm en deur 'n groot verskrikking,
Afrikaans 1983 “U het u volk Israel uit Egipte laat wegtrek met tekens en met wonders, met magtige dade en met wonderlike groot dade waarvoor mense vreesbevange was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) U het u volk Israel uit Egipteland gelei deur tekens en wonders, deur 'n sterk hand en 'n uitgestrekte arm en te midde van groot verskrikkings.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U het tekens en wonderwerke gedoen en U het u volk Israel uit die land Egipte gebring met u eie groot krag, en die Egiptenaars het bang geword vir U.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Toe U Israel uit Egipte gebring het, het U dinge gedoen wat groot en wonderlik is. Dit het gewys hoe groot u mag is en hoe sterk U is. Dit het die vyand verskriklik bang gemaak.