Jeremiah 32:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die leër van die koning van Babel het toe Jerusalem beleër, en die profeet Jeremia was opgesluit in die voorhof van die gevangenis wat in die huis van die koning van Juda was.
Afrikaans (NLV) 2011 toe sy leër Jerusalem omsingel het. Jeremia was ’n gevangene in die binnehof van die wagte in die paleis van die koning van Juda.
Afrikaans 1933/1953 ***
Afrikaans 1983 van Babel wie se leër juis toe vir Jerusalem beleër het. Die profeet Jeremia was in daardie tyd ingeperk in die binneplaas van die paleiswag van Juda.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die leër van die koning van Babilonië was toe besig om Jerusalem te beleër. Die profeet Jeremia was ingeperk in die binnehof van die wagte se kwartiere, wat in die koninklike paleis van Juda was;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) In daardie tyd het die koning van Babel Jerusalem aangeval van al die kante, en die profeet Jeremia was in die tronk in die binneplaas van die wagte van die koning van Juda.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In dié stadium was Jerusalem omsingel deur die Babiloniese koning se leër. Die mense van Jerusalem was binne-in die stad vasgevang. Jeremia self was ’n gevangene in die paleis van die koning van Juda. Hy moes net in die binnehofgedeelte bly waar die wagte gebly het.