Jeremiah 32:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Groot van raad en kragtig in werk, want u oë is oop oor al die weë van die mensekinders: om elkeen te gee volgens sy weë en volgens die vrug van sy handelinge. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U het groot wysheid en doen groot dade. Daar is net mooi niks wat mense doen wat U nie raaksien nie. U vergoed mense volgens wat hulle gedoen het en die gevolge wat dit oplewer. |
| Afrikaans 1933/1953 | groot van raad en magtig van daad, wie se oë oop is oor al die weë van die mensekinders om aan elkeen te gee volgens sy weë en die vrug van sy handelinge; |
| Afrikaans 1983 | U besluite is magtig, u dade groot. U sien alles wat die mense doen. U gee aan elkeen wat hom toekom, U beloon elkeen volgens sy dade. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U wat groot in raadsbesluite en groots in die uitvoering daarvan is, wie se oë oop is vir al die optrede van mensekinders, om elkeen te vergeld volgens sy optrede, volgens die vrug van sy dade, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U besluit oor belangrike dinge en U doen groot dinge. U sien alles wat mense doen, U kyk hoe hulle gelewe het en wat hulle gedoen het, en U gee vir elkeen wat hy moet kry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | U is slim. U weet alles. U kan ook goed doen wat vir die mense te wonderlik is om te verstaan. Daar is niks wat mense doen wat U nie raaksien nie. U vergoed mense volgens wat hulle gedoen het. |