Jeremiah 32:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U bewys goedertierenheid aan duisende en vergeld die ongeregtigheid van die vaders in die boesem van hulle kinders ná hulle: die Grote, die Magtige God, die HERE van die leërskare, is sy Naam, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Duisende mense het al u liefde en goedheid geniet. Maar U laat die kinders betaal vir die sondes wat hulle ouers gedoen het. U is die groot en magtige God, die Here, die Almagtige! |
| Afrikaans 1933/1953 | U wat guns bewys aan duisende en die ongeregtigheid van die vaders vergeld in die skoot van hulle kinders nhulle; die grote, die geweldige God, wie se Naam is HERE van die leërskare, |
| Afrikaans 1983 | U bewys u troue liefde aan duisende geslagte, maar U straf kinders vir die sondes van hulle ouers. Groot en magtige God, u Naam is Here die Almagtige. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U bewys troue liefde aan duisende, maar vergeld die sondeskuld van ouers in die skote van hulle kinders ná hulle. Groot en magtige God, wie se naam die Here, Heerser oor alle magte, is, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U is goed vir duisende mense maar U straf mense oor die sondes wat hulle voorvaders gedoen het. U is die Groot God, die God wat oorlog kan maak, u Naam is Here wat oor alles regeer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Duisende mense het al u liefde en goedheid geniet. Maar dit is ook so dat U die kinders straf vir die verkeerde goed wat hulle ouers gedoen het. Here, u mag is baie groot. Mense praat van U as die Here wat sterker as alles en almal is. |