Jeremiah 32:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Huise en lande en wingerde sal weer in besit geneem word in hierdie land. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want, sê die Here, die Almagtige, die God van Israel, eendag sal mense weer huise, grond en wingerde in hierdie land koop.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Daar sal weer huise en gronde en wingerde in hierdie land gekoop word. |
| Afrikaans 1983 | want so sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Daar sal weer huise en grond en wingerde in hierdie land gekoop word.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want so sê die Here, Heerser oor alle magte, die God van Israel: “Daar sal weer huise, landerye en wingerde in hierdie land gekoop word.” ’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | want die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Mense sal weer huise en lande en wingerde koop in hierdie land.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Want eendag sal mense weer huise, grond en wingerde in hierdie land koop.’” |