Jeremiah 32:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Neem hierdie bewyse, hierdie bewys van die koop, beide wat verseël is, en hierdie getuienis wat oop is; en sit dit in 'n erdekruik, dat hulle baie dae kan bly. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die Here, die Almagtige, die God van Israel sê: ‘Neem sowel die verseëlde as die oop koopkontrak en sit dit in ’n kleipot sodat dit vir ’n lang tyd behoue kan bly. |
| Afrikaans 1933/1953 | So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Neem hierdie briewe, hierdie koopbrief, die verseëlde een sowel as hierdie oop brief, en sit hulle in 'n erdepot, dat hulle baie dae kan bly bestaan. |
| Afrikaans 1983 | ‘So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Vat hierdie dokumente, die koopkontrak met die seël en die afskrif sonder seël en sit hulle in 'n kleipot sodat hulle lank kan hou, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | ‘So sê die Here, Heerser oor alle magte, die God van Israel: “Neem hierdie briewe, hierdie koopkontrak, die verseëlde een en die oop afskrif, en plaas dit in 'n erdekruik, sodat dit vir 'n lang tyd behoue bly.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | ‘Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Jy moet hierdie twee koopkontrakte neem en jy moet dit altwee in 'n kleipot sit sodat dit lank kan hou, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die Here, die God van Israel, is sterker as alles en almal. Hy het gesê: ‘Vat die verseëlde en die oop koopkontrak en sit dit in ’n kleipot sodat dit vir ’n lang tyd gebêre kan word. |