Jeremiah 32:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek het die getuienis opgeteken en dit verseël en getuies geneem en vir hom die geld op die weegskaal opgeweeg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna het ek die koopkontrak geteken en dit voor getuies verseël. Ek het daarna die silwer op die skaal afgeweeg. |
| Afrikaans 1933/1953 | En ek het dit in die brief geskrywe en dit verseël en getuies geneem en die geld afgeweeg op 'n weegskaal. |
| Afrikaans 1983 | Nadat ek die kontrak geskryf en die seël daarop gesit het en dit deur getuies laat teken het, het ek die silwer vir hom afgeweeg op 'n skaal. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het die koopbrief uitgeskryf, dit verseël, en deur getuies laat bevestig, en die silwer op 'n weegskaal afgeweeg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het die koopkontrak geskryf. Ek het toe met my seël 'n merk daarop gesit en ek het die getuies se name daarby geskryf. Daarna het ek die silwer op 'n weegskaal geweeg. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe het ek die koopkontrak geteken en dit verseël terwyl daar getuies was wat gesien het wat ons doen. Daarna het ek hom die sewentien silwer munte betaal wat ek afgeweeg het. |