Jeremiah 32:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het in die tiende jaar van Sedekia, die koning van Juda, dit was die agtiende jaar van Nebukadrésar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het weer vir Jeremia ’n boodskap gegee. Dit was in die tiende jaar van Sedekia se bewind in Juda. Nebukadnesar was agtien jaar koning in Babilonië |
| Afrikaans 1933/1953 | Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het in die tiende jaar van Sedek¡a, die koning van Juda -- hierdie jaar was die agttiende jaar van Nebukadr,sar. |
| Afrikaans 1983 | Dit is die woord wat van die Here tot Jeremia gekom het in die tiende regeringsjaar van koning Sedekia van Juda. Dit was die agtiende regeringsjaar van koning Nebukadnesar |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is die woord wat van die Here tot Jeremia gekom het in die tiende regeringsjaar van Sedekia, koning van Juda. Dit was die agttiende regeringsjaar van koning Nebukadresar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het met Jeremia gepraat. Dit was in die tiende jaar nadat Sedekia koning van Juda geword het, en die agtiende jaar nadat Nebukadnesar koning van Babel geword het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het weer met Jeremia gepraat in die tiende jaar wat Sedekia koning van Juda was. Nebukadnesar was toe al agtien jaar koning van Babel. |