Jeremiah 31:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle sal kom met geween, en met smekinge sal Ek hulle lei; Ek sal hulle by waterstrome laat loop op 'n reguit pad, waarin hulle nie sal struikel nie; want Ek is 'n vader vir Israel, en Efraim is my eersgeborene. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle sal al huilend terugkom, hulle sal bid terwyl Ek hulle teruglei. Ek sal hulle langs strome lei. Hulle sal op ’n reguit pad loop sodat hulle nie kan struikel nie. Ek is Israel se pa. Efraim is my oudste kind. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle sal kom met geween, en met smekinge sal Ek hulle lei; Ek sal hulle bring by waterstrome, op 'n gelyk pad waarop hulle nie sal struikel nie; want Ek is vir Israel 'n Vader, en Efraim is my eersgeborene. |
| Afrikaans 1983 | In trane sal hulle kom, met smeekgebede, maar Ek sal hulle lei, Ek sal hulle by waterstrome bring, op 'n gelyk pad, niemand sal struikel nie, want Ek het Israel se Vader geword, Efraim is my eersgeborene. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Met 'n gehuil sal hulle kom, en onder smeekbedes sal Ek hulle begelei. Ek sal hulle bring by waterstrome, op 'n gelyk pad waarop hulle nie sal struikel nie. Want Ek het vir Israel 'n vader geword, Efraim is my eersgeborene. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle sal huil en kom bid dat Ek hulle moet help, en Ek sal hulle lei, Ek sal hulle op 'n gelyk pad bring, by waterstrome. Hulle sal nie op die pad struikel en val nie. Ek het 'n Vader geword vir Israel, Efraim is my oudste seun.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Trane van blydskap sal oor hulle gesig loop. Ek sal hulle troos en hulle versigtig na hulle eie land toe teruglei. Ek sal hulle langs waterstrome lei. Hulle sal op paaie loop wat gelyk is sodat hulle nie sal val nie. Ek is Israel se pa. Efraim is my oudste kind.” |