Jeremiah 31:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, Ek bring hulle uit die noordelike land en bring hulle bymekaar uit die streke van die aarde, en saam met hulle die blindes en kreupeles, die swanger vrou en die swanger vrou saam; 'n groot menigte sal daarheen terugkeer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Kyk, Ek sal hulle uit die noorde terugbring. Ek sal hulle uit die uithoeke van die aarde bymekaarmaak. Onder hulle sal blindes en kreupeles wees, ook verwagtende moeders en vroue op die punt om geboorte te gee. ’n Groot getal mense sal hierheen terugkeer! |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, Ek bring hulle aan uit die Noordland en sal hulle bymekaar laat kom uit die agterhoeke van die aarde; blindes en lammes, swangeres en barendes onder hulle, almal saam; in 'n groot vergadering sal hulle terugkom hiernatoe. |
| Afrikaans 1983 | Ek laat kom hulle uit die land in die noorde, Ek vergader hulle van die uithoeke van die aarde af: onder hulle is blindes en kreupeles, swanger vrouens en vrouens in kraam. 'n Groot gemeente sal hiernatoe terugkom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, Ek gaan hulle bring uit 'n land in die noorde. Ek gaan hulle byeenbring vanaf die uithoeke van die aarde. Onder hulle sal blindes en kreupeles wees, vroue wat swanger is en wat geboorte gee – almal saam. As 'n groot geloofsgemeenskap gaan hulle hierheen terugkeer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal my volk nou bring uit die land in die noorde, Ek sal hulle bymekaarmaak uit die ver plekke op die aarde. Daar sal blinde en kreupel mense tussen hulle wees, en ook vroue wat babas verwag en vroue wat besig is om babas te kry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal hulle uit die noorde terugbring na hulle eie land toe. Selfs al is hulle op die uithoeke van die aarde, sal Ek hulle bymekaarmaak en terugbring. Ek sal ook nie die blinde en kreupel mense vergeet nie. Ek sal ook nie van die vroue wat babas verwag of wat op die punt is om ’n baba te hê, vergeet nie. ’n Groot klomp mense sal terugkom na hulle land toe. |