Jeremiah 31:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want daar sal 'n dag wees dat die wagte op die gebergte van Efraim sal roep: Staan op en laat ons optrek na Sion na die HERE onse God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar sal ook ’n dag kom waarop die wagte in die heuwels van Efraim sal uitroep: ‘Kom ons gaan na Jerusalem, na die Here ons God!’” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die dag is daar dat die oppassers op die berge van Efraim roep: Maak julle klaar en laat ons optrek na Sion, na die HERE onse God. |
| Afrikaans 1983 | Die dag het aangebreek, die dag waarop dié wat wag staan, op die Efraimsberge sal roep: “Kom ons gaan na Sion toe, na die Here ons God toe.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, daar kom 'n dag waarop die wagte op die bergland van Efraim sal uitroep, ‘Maak gereed, en laat ons opgaan na Sion, na die Here ons God!’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, die dag het gekom, die wagte op die berge van Samaria sal skree en sê: ‘Kom ons gaan na Sion, na ons God die Here toe.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar sal ook ’n dag kom waarop die wagte wat in die heuwels van Efraim is, sal uitroep: ‘Kom ons gaan na Jerusalem toe. Die Here is daar!’” |