Jeremiah 31:40 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die hele dal van die lyke en van die as en al die velde tot by die spruit Kidron, tot by die hoek van die Perdepoort na die ooste, moet heilig wees aan die HERE; dit sal vir ewig nie meer uitgeruk of afgebreek word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle sal ’n groot gebied vir die Here afsonder. Dit sluit in die begraafplaas en die ashoop in die vallei asook die terrasse tot so ver as die Kidronspruit. In ’n oostelike rigting sal dit wees tot by die ingang bekend as die Perdepoort. Die stad sal nooit weer ingeneem of verwoes word nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die hele dal van die lyke en van die as, en al die velde tot by die spruit Kidron, tot by die hoek van die Perdepoort teen die ooste, sal aan die HERE heilig wees; dit sal nie weer uitgeruk of verwoes word in ewigheid nie. |
| Afrikaans 1983 | Die hele dal waar lyke en as weggegooi word, en al die terrasse tot by Kedronspruit en ooswaarts tot by die Perdepoort sal aan die Here gewy wees. Dit sal nooit weer uitgeruk of platgeslaan word nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die hele vallei waar die lyke en die as is, en al die terrasse tot by die spruit Kidron en die hoek van die Perdepoort aan die oostekant, sal vir die Here 'n heilige gebied wees. Dit sal nooit weer uitgeruk of platgeslaan word nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die hele vallei waar hulle mense begrawe het en waar hulle die altaar-as weggegooi het en die hele stuk grond tot teen die Kedron-vallei sal gewy wees aan die Here, en ook die stuk grond tot by die Perde-poort, oos van die poort. Niemand sal weer die stad verwoes en sy mure afbreek nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Groot gebied sal vir die Here afgesonder word. Dit sluit in die begraafplaas en die ashoop in die vallei. Verder ook die hele veldgedeelte so ver as die Kidronspruit. En in ’n oostelike rigting tot by die ingang bekend as die Perde-ingang. Jerusalem sal nooit weer ingeneem of verwoes word nie.” |