Jeremiah 31:38 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat die stad vir die HERE gebou sal word van die toring Hananeel af tot by die Hoekpoort.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here sê: “Die tyd kom wanneer hulle weer die stad vir My sal herbou van die Gananeltoring af tot by die Hoekpoort.
Afrikaans 1933/1953 Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat die stad vir die HERE herbou sal word, van die toring Han neël af tot by die Hoekpoort.
Afrikaans 1983 Daar kom 'n tyd, sê die Here, dat hierdie stad vir My herbou sal word van die Gananeltoring af tot by die Hoekpoort.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Kyk, daar kom dae,” is die uitspraak van die Here, “wanneer die stad vir die Here herbou sal word, van die Gananeltoring af tot by die Hoekpoort.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “Die tyd sal nou kom wanneer hulle die stad van die Here weer sal bou, van die Gananel-toring tot by die Hoek-poort,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê: “Daar sal ’n dag kom dat die hele Jerusalem weer vir My opgebou sal word. Die bouwerk sal van die Gananeltoring tot by die Hoekingang gedoen word.