Jeremiah 31:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As daardie insettinge voor my aangesig wyk, spreek die HERE, dan sal die nageslag van Israel ook ophou om vir altyd 'n nasie voor my aangesig te wees.
Afrikaans (NLV) 2011 “So min as wat Ek hierdie natuurwette sal verwyder, net so min sal die nageslag van Israel ooit ophou om my volk te wees!”
Afrikaans 1933/1953 As hierdie verordeninge voor my aangesig sal wyk, spreek die HERE, dan sal die nageslag van Israel ook ophou om 'n volk te wees voor my aangesig vir altyd.
Afrikaans 1983 Eers as hierdie dinge uit my teenwoordigheid verdwyn, sê die Here, sal die nageslag van Israel ophou om vir altyd in my teenwoordigheid 'n nasie te wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “As hierdie vaste voorskrifte voor My verdwyn,” is die uitspraak van die Here, “sal ook die nageslag van Israel ophou om vir altyd 'n nasie te wees voor My.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “Hierdie dinge sal altyd weer gebeur, dit sal nooit verdwyn nie. So sal die nageslag van Israel ook nooit ophou om vir altyd 'n volk te wees nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Net so min as wat Ek hierdie natuurwette sal laat ophou werk, net so min is die kans dat Ek Israel ooit sal verwerp.