Jeremiah 31:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sê die HERE, wat die son gee as 'n lig bedags en die verordeninge van die maan en van die sterre as 'n lig snags, wat die see skeur wanneer sy golwe dreun; Die HERE van die leërskare is sy Naam:
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is wat die Here sê, Hy wat die son gemaak het om in die dag te skyn, en die maan en die sterre om in die nag lig te maak. Dit is Hy wat die see onstuimig laat word om golwe te maak. Sy Naam is die Here, die Almagtige, en Hy sê:
Afrikaans 1933/1953 So sê die HERE wat die son gee tot 'n lig oordag, die ordeninge van die maan en van die sterre tot 'n lig in die nag; wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis, HERE van die leërskare is sy Naam:
Afrikaans 1983 So sê die Here, Hy wat die son bedags laat skyn, die maan en sterre beveel om snags te skitter, Hy wat die see onstuimig laat word, wat sy golwe laat druis, wie se Naam Here die Almagtige is:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So sê die Here, wat die son bedags as 'n lig gee, die vaste voorskrifte vir die maan en sterre as ligte snags, Hy wat die see in beweging bring, sodat sy golwe dreun; die Here, Heerser oor alle magte is sy naam:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here gee die son om in die dag lig te gee, en in die nag gee Hy die sterre en die maan om lig te gee. Hy roer die see sodat die branders wild word. Sy Naam is die Here wat oor alles regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is die Here wat die son gee sodat daar daglig is. Hy gee ook die maan en die sterre om in die nag lig te maak. Dit is ook Hy wat die see laat beweeg om golwe te maak. Sy Naam is die Here. Hy is sterker as alles en almal. Hy sê: