Jeremiah 31:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) nie volgens die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op die dag toe Ek hulle aan die hand geneem het om hulle uit Egipteland uit te lei nie; wat hulle my verbond verbreek het, al was Ek vir hulle 'n man, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Hierdie verbond sal nie wees soos die een wat Ek met hulle voorouers gesluit het nie. Ek het hulle destyds aan die hand gevat en uit Egipte uitgelei. Hulle het my verbond verbreek, al het Ek hulle liefgehad soos ’n man sy vrou liefhet,” sê die Here.
Afrikaans 1933/1953 nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op die dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie -- my verbond wat hulle verbreek het, alhoewel k gebieder oor hulle was, spreek die HERE.
Afrikaans 1983 Dit sal nie wees soos die verbond wat Ek met hulle voorvaders gesluit het toe Ek hulle aan die hand gevat en uit Egipte laat trek het nie. Hulle het daardie verbond wat Ek met hulle gesluit het, verbreek al was Ek getrou aan hulle, sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit sal nie wees soos die verbond wat Ek met hulle voorouers gesluit het die dag toe Ek hulle aan die hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie – my verbond wat hulle self verbreek het, al was Ek Heer oor hulle,” is die uitspraak van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hierdie verbond sal nie wees soos die verbond wat Ek gemaak het met hulle voorvaders nie. Ek het hulle hande gevat om hulle uit die land Egipte te bring. Hulle het my verbond gebreek, maar hulle behoort nog aan My.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie ooreenkoms sal nie wees soos die een wat Ek met hulle voorouers gemaak het nie. Ek het hulle destyds aan die hand gevat en uit Egipte gelei. Hulle het die ooreenkoms tussen ons verbreek. Dit het nie eens vir hulle saak gemaak dat Ek hulle liefgehad het soos ’n man sy vrou liefhet nie.