Jeremiah 31:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die HERE het van ouds af aan my verskyn en gesê: Ja, Ek het jou liefgehad met 'n ewige liefde; daarom het Ek jou met goedertierenheid getrek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Lank gelede reeds het die Here dit aan ons bekendgemaak: “Ek het jou lief met ’n liefde wat nooit ophou nie. Ek trek jou met troue liefde na My toe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die HERE het aan my verskyn uit die verte: Ja, Ek het jou liefgehad met 'n ewige liefde; daarom het Ek jou getrek met goedertierenheid. |
| Afrikaans 1983 | Van ver af het die Here Hom aan Israel bekend gemaak: Ek het jou nog altyd liefgehad, daarom het Ek jou met geduld verdra. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Van ver af het die Here aan hom verskyn. “Met 'n ewige liefde het Ek jou liefgehad; daarom het Ek jou in troue liefde nadergetrek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het gekom na sy volk wat ver van Hom is. Die Here het gesê: “Ek was lief vir julle en Ek sal aanhou om lief te wees vir julle. Julle behoort aan My, daarom hou Ek julle vas. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Lank gelede reeds het die Here vir Israel gesê: “Ek het julle liefgehad met ’n liefde wat nooit ophou nie. Daarom sal Ek altyd lojaal aan julle bly. |