Jeremiah 31:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In dié dae sal hulle nie meer sê nie: Die vaders het 'n suur druif geëet, en die tande van die kinders het stomp geword.
Afrikaans (NLV) 2011 “In daardie tyd sal mense nie langer sê nie: “‘Die ouers het suur druiwe geëet sodat die kinders se tande stomp geword het.’
Afrikaans 1933/1953 In die dae sal hulle nie meer sê nie: Die vaders het groen druiwe geëet, en die tande van die kinders het stomp geword.
Afrikaans 1983 In daardie tyd sal hulle nie meer sê: “Die vaders het groen druiwe geëet, en die kinders se tande het stomp geword” nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ In daardie tyd sal hulle nie meer sê, “ ‘Die ouers het groen druiwe geëet, en die kinders se tande het stomp geword’ nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Voorheen het die mense gesê: ‘Die pa’s het suur druiwe geëet en daarom het die kinders se tande stomp geword.’ Hulle sal nie meer so sê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die mense sal nie langer hierdie spreekwoord gebruik nie: ‘Die ouers het druiwe geëet wat suur is, maar die kinders se mond het op ’n plooi getrek van die suur smaak.’