Jeremiah 31:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit sal gebeur, soos Ek oor hulle gewaak het, om uit te ruk en af te breek en af te breek en te vernietig en te verdruk; so sal Ek oor hulle waak, om te bou en te plant, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 In die verlede het Ek hulle ontwortel en hulle afgebreek. Ek het hulle skade aangedoen en vernietig. Verder het Ek ook slegte dinge op hulle pad gebring. Maar in die toekoms sal Ek hulle weer opbou en hulle plant,” sê die Here.
Afrikaans 1933/1953 En soos Ek oor hulle wakker was om uit te ruk en om te gooi en te verwoes en te vernietig en skade aan te doen, so sal Ek oor hulle wakker wees om te bou en te plant, spreek die HERE.
Afrikaans 1983 Ek was gretig om hulle uit te ruk en af te breek, om hulle plat te slaan en te vernietig, om rampe oor hulle te bring. Ek sal net so gretig wees om hulle op te bou en hulle te plant, sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En soos Ek daarop bedag was om hulle uit te ruk en af te breek, plat te slaan, ten gronde te laat gaan en skade aan te rig, so sal Ek daarop bedag wees om hulle op te bou en te plant,” is die uitspraak van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Voorheen wou Ek hulle uitruk en afbreek, omgooi en verwoes en Ek wou dit sleg laat gaan met hulle. Maar nou wil Ek hulle bou en plant.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In die verlede het Ek hierdie volk se wortels uitgetrek. Ek het hulle afgebreek. Ek het hierdie volk skade aangedoen en vernietig. Verder het Ek ook slegte dinge oor hulle gebring. Maar Ek sal net mooi die teenoorgestelde doen in die toekoms. Ek sal hulle weer plant net soos ’n mens ’n boom plant. Ek sal hulle weer ’n nasie maak wat ’n reg op ’n bestaan het. Soos ’n gebou steen vir steen opgebou word, so sal Ek hulle ook weer as ’n volk opbou,” sê die Here.