Jeremiah 31:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Nogtans sal hulle hierdie spraak gebruik in die land van Juda en in die stede daarvan, wanneer Ek hulle ballingskap terugbring; Die HERE seën jou, o woning van geregtigheid en berg van heiligheid! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: “As Ek hulle terugbring uit hulle ballingskap, sal die mense in Juda en in hulle dorpe weer sê: ‘Die Here seën jou, tuiste van geregtigheid, heilige berg!’ |
| Afrikaans 1933/1953 | So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Weer sal hulle hierdie woord sê in die land Juda en in die stede daarvan, as Ek hulle lot verander: Mag die HERE jou seën, o woning van geregtigheid, heilige berg! |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Wanneer Ek hulle lot verander, sal hulle weer in Juda en in sy stede sê: Die Here sal jou seën, regmatige woonplek, heilige berg! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “So sê die Here, Heerser oor alle magte, die God van Israel, ‘Hulle sal weer hierdie woorde sê in die land Juda en in sy dorpe wanneer Ek hulle lot verander: “Mag die Here jou seën, woonplek van geregtigheid, heilige berg!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: “Wanneer Ek dit weer goed laat gaan met die mense van Juda, dan sal hulle in die land Juda en in sy stede weer sê: ‘ Gewyde berg, die Here sal jou seën, jy is die berg waar die mense woon wat reg doen.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here is sterker as alles en almal. Hy is die God van Israel en Hy sê: “As Ek Israel se omstandighede verander in Juda en in al hulle stede, sal hulle weer sê: ‘Mag die Here jou voorspoedig maak, Jerusalem!’ Jerusalem is die Here se spesiale woonplek. |