Jeremiah 31:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hoe lank sal jy rondgaan, o afkerige dogter? want die HERE het iets nuuts op die aarde geskape: 'n Vrou sal 'n man omring.
Afrikaans (NLV) 2011 Hoe lank sal jy nog hink op twee gedagtes, ontroue dogter? Die Here gaan iets nuuts op aarde laat gebeur: ’n Vrou sal ’n man beskerm.”
Afrikaans 1933/1953 Hoe lank sal jy bly aarsel, o afkerige dogter? Want die HERE het iets nuuts op die aarde geskape: Die vrou sal die man beskerm.
Afrikaans 1983 Hoe lank gaan jy nog talm, jy wat so dikwels jou eie koers gaan? Die Here skep iets nuuts in jou land: Israel sal die Here liefhê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hoe lank gaan jy nog huiwer, afvallige dogter? Want die Here skep iets nuuts op die aarde: 'n Vrou sal om 'n man beweeg. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hoe lank wil julle nog wag en twyfel? Julle is mense wat aanhou weggaan. Want die Here het iets nuut laat gebeur op die aarde: Soos 'n vrou wat na haar man toe draai wanneer hulle dans, so sal die Israeliete die Here soek en terugkom na Hom toe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hoe lank sal julle nog hink op twee gedagtes? Julle is mense wat aan My ontrou is. Ek gaan iets nuuts en anders laat gebeur: so vreemd as wat dit is vir ’n vrou om ’n man te beskerm, so vreemd sal dit wees wat met Israel gaan gebeur. Ek gaan Israel as ’n beskermer laat optree.”