Jeremiah 31:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Stel vir jou padmerke op, maak vir jou hoë hope; rig jou hart op die grootpad, die pad wat jy gegaan het; keer terug, o maagd van Israel, draai terug na hierdie stede van jou.
Afrikaans (NLV) 2011 “Plant vir jou rigtingwysers. Stel vir jou bakens vas. Neem kennis van die pad waarlangs jy gegaan het. Kom terug, jong vrou Israel! Kom terug na jou eie dorpe.
Afrikaans 1933/1953 Rig vir jou mylpale op, maak vir jou padwysers, let op die grootpad, die pad wat jy geloop het. Kom terug, o jonkvrou van Israel, kom terug na hierdie stede van jou!
Afrikaans 1983 Rig vir jou padwysers op, bring vir jou rigtingborde aan, hou jou oog op die grootpad, op die pad wat jy moet loop. Kom terug, Israel, kom terug na jou stede toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Rig vir jou padwysers op; bring vir jou rigtingwysers aan! Rig jou aandag op die hoofroete, die pad wat jy geloop het. Keer terug, jongvrou van Israel! Keer terug na hierdie dorpe van jou!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet klippe opmekaar pak, julle moet padtekens maak, julle moet goed kyk waar julle moet loop op die pad waarop julle weggegaan het. Israeliete, julle moet terugkom na hierdie stede van julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Plant vir julle rigtingwysers langs die pad. Maak merke op die pad. Kyk baie mooi waarlangs julle destyds gegaan het. Kom terug, Israel! Kom terug na julle stede.