Jeremiah 31:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Is Efraim my dierbare seun? is hy 'n aangename kind? want vandat ek teen hom gespreek het, dink ek nog ernstig aan hom; daarom is my ingewande oor hom ontsteld; Ek sal my gewis oor hom ontferm, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here sê: “Is Israel dan nie meer my dierbare seun nie? Is hy nie my lieflingkind nie? Selfs al moes Ek hom straf, is hy nie uit my gedagtes nie. Omdat Ek oor hom besorg is, sal Ek My oor hom ontferm.
Afrikaans 1933/1953 Is Efraim vir My 'n dierbare seun of 'n troetelkind? Want so dikwels as Ek teen hom spreek, dink Ek nog altyd aan hom; daarom is my ingewande oor hom in beroering; Ek sal My sekerlik oor hom ontferm, spreek die HERE.
Afrikaans 1983 Efraim is nie my troetelkind nie, 'n kind in wie Ek My verlustig nie, en tog, elke keer as Ek hom bestraf, dink Ek met hartseer aan hom en is Ek ontstel oor hom, want Ek het hom baie lief, sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Is Efraim vir My 'n dierbare seun, 'n kind wat My vreugde verskaf? Al vaar Ek telkens teen hom uit, bly Ek hom weer onthou. Daarom is my binneste oor hom in beroering. Ek sal My beslis oor hom ontferm,” is die uitspraak van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Die mense sal sê Efraim is my kind, Ek is die liefste vir hom, Ek hou die meeste van hom, want elke maal wanneer Ek teen hom praat, dan dink Ek nog aan hom en dan word Ek baie hartseer en ontsteld. Daarom sal Ek jammer wees vir hom en Ek sal hom help, Ek sál dit doen.” Dit het die Here gesê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het gevra: “Is Israel nie nog steeds my seun vir wie Ek baie lief is nie? Is hy nie my lieflingskind nie? Selfs al moes Ek hom beskuldig dat hy verkeerde dinge doen, het Ek steeds ’n sagte plekkie vir hom gehad. Ek voel jammer vir hom; daarom sal Ek sag met hom werk.” Dit is wat die Here sê.