Jeremiah 31:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Waarlik nadat ek my bekeer het, het ek berou gehad; en nadat ek onderrig is, het ek op my heup geslaan; ek was beskaamd, ja, selfs beskaamd, omdat ek die smaad van my jeug gedra het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons het afgedwaal, maar ons is spyt daaroor. Ons kon onsself skop dat ons so dom was. Nou is ons skaam en verleë oor wat ons in ons jong dae gedoen het.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want nadat ek tot inkeer gekom het, het ek berou gehad; en nadat ek tot insig gekom het, het ek op die heup geslaan; ek het beskaamd gestaan, ja, ook in die skande gekom, omdat ek die smaad van my jeug dra. |
| Afrikaans 1983 | Ek het weggedwaal, maar ek het berou gehad, ek het tot insig gekom en myself vol berou op die heupe geslaan, ek het my geskaam, ek het skande oor my gebring, ek is verneder oor die sondes van my jeug af.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, nadat ek tot inkeer gekom het, het ek berou gehad; nadat ek tot die besef gekom het, het ek myself op die heup geslaan. Ek staan beskaamd, ek voel ook verneder; ja, ek dra die skande van my jeug.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek vra dit, want nadat ek weggegaan het van U, was ek jammer daaroor. Ek weet nou beter en ek slaan myself op my heupe, want ek is skaam, ek voel sleg, ek is skaam oor alles wat ek gedoen het toe ek jonk was.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons het die rug vir Hom gedraai, maar ons was agterna spyt daaroor. Ons kon onsself skop dat ons so onnosel was. Nou is ons skaam en verleë oor wat ons gedoen het toe ons jonk was.’” |