Jeremiah 31:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het sekerlik gehoor hoe Efraim homself so beklaag; U het my getugtig, en ek is getugtig soos 'n bul wat nie aan die juk gewoond is nie; want U is die HERE my God.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek het Israel hoor kla: ‘U het ons swaar gestraf, maar ons het dit verdien. Ons was soos wilde kalwers wat nog moes leer. Bring ons terug en herstel ons, want U is die Here ons God.
Afrikaans 1933/1953 Sekerlik het Ek Efraim hoor weeklaag: U het my getugtig en ek het my laat tugtig soos 'n ongeleerde kalf. Bekeer my, dan sal ek my bekeer, want U is die HERE my God.
Afrikaans 1983 Ek het duidelik gehoor hoe Efraim kla: “U het my gestraf, ek is ingebreek soos 'n kalf wat mak gemaak is. Bring my terug na U toe dat ek my kan bekeer, want U is die Here my God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Ek het dit beslis gehoor – Efraim bejammer homself, ‘U het my ingebreek, en ek het my laat inbreek soos 'n ongeleerde kalf. As U my laat terugkeer, keer ek werklik terug; want U is die Here my God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek, Jeremia, het iets gehoor, dit is seker: dit is Efraim wat soebat en sê: “U het my geslaan, ek het slae gekry soos 'n kalf wanneer iemand hom mak wil maak. Bring my terug na U toe, en laat my terugkom, want U is my God die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het gehoor dat Israel kla en sê dat Ek hulle swaar gestraf het. Hulle het gesê: ‘Ons was soos wilde kalwers wat nog geleer moes word. Ons moes leer om gehoorsaam te wees. Here, help ons om weer reg teenoor U te lewe, want U is die Here ons God.