Jeremiah 31:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sê die HERE: Weerhou jou stem van geween en jou oë van trane, want jou werk sal beloon word, spreek die HERE; en hulle sal terugkom uit die land van die vyand.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar die Here sê: “Hou op huil en droog af jou trane. Ek sal jou beloon vir jou moeite,” sê die Here. “Jou kinders sal terugkom uit die land van die vyand.
Afrikaans 1933/1953 So sê die HERE: Bedwing jou stem van geween en jou oë van trane; want daar is loon vir jou arbeid, spreek die HERE; en hulle sal uit die land van die vyand terugkom.
Afrikaans 1983 So sê die Here: Bly stil, moenie huil nie, moenie trane in jou oë hê nie! Vir al jou swaarkry sal jy vergoed word, sê die Here, jou kinders sal uit die vyand se land terugkom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So sê die Here, “Weerhou jou stem daarvan om te huil, jou oë daarvan om trane te stort; want daar is beloning vir jou geswoeg,” is die uitspraak van die Here; “hulle sal terugkeer uit die land van die vyand.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “Jy moenie aanhou huil nie, want Ek sal vir jou iets gee omdat jy dit alles gedoen het.” Dit sê die Here. “Jou kinders sal terugkom uit die vyand se land.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar die Here sê: “Hou op met huil en droog jou trane af. Jy sal beloon word vir al jou moeite wat jy vir jou kinders gedoen het. Jou kinders sal terugkom uit die land van die vyand.