Jeremiah 31:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sê die HERE: 'n Stem is in Rama gehoor, geweeklaag en bitter geween; Rahel wat oor haar kinders geween het, het geweier om vir haar kinders vertroos te word, want hulle was nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here sê verder: “Hoor die geluid van hartseer en droewige gehuil uit Rama. Dit is Ragel wat huil oor haar kinders. Sy laat niemand toe om haar te troos nie, want haar kinders is dood.”
Afrikaans 1933/1953 So sê die HERE: 'n Stem word gehoor in Rama, geklaag, bitter geween; Ragel ween oor haar kinders; sy weier om getroos te word oor haar kinders, omdat hulle daar nie is nie.
Afrikaans 1983 So sê die Here: 'n Gekerm word op Rama gehoor, 'n gehuil vol hartseer: Ragel treur oor haar kinders, sy wil haar nie laat troos nie, want haar kinders is weg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So sê die Here: “'n Stem word gehoor in Rama, 'n treurlied, 'n bittere gehuil. Ragel huil oor haar kinders; sy weier om vertroos te word oor haar kinders, omdat hulle nie meer daar is nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “Die mense hoor iets in die stad Rama, hulle hoor dat iemand kla en baie hartseer huil. Dit is Ragel wat huil oor haar kinders, sy wil nie hê die mense moet haar troos nie, sy huil oor haar kinders, want hulle is weg.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê verder: “Uit Rama hoor ’n mens die hartseer gehuil oor iemand wat dood is. Dit is Ragel wat oor haar kinders huil. Hulle is dood. Sy wil nie toelaat dat iemand haar troos nie.”