Jeremiah 31:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan sal die maagd bly wees in die dans, jongmanne sowel as oud saam, want Ek sal hulle rou in blydskap verander en hulle vertroos en hulle juig oor hulle droefheid.
Afrikaans (NLV) 2011 Dan sal die meisies van blydskap dans. Die mans, oud en jonk, sal deel in die vrolikheid. Ek sal hulle gehuil in blydskap verander. Ek sal hulle troos. Ek sal hulle vreugde gee in die plek van hartseer.
Afrikaans 1933/1953 Dan sal die jonkvrou haar verheug in die koordans, ja, die jongmanne en die oues tesame; en Ek sal hulle rou in vreugde verander en hulle troos en hulle tot blydskap bring uit hulle kommer.
Afrikaans 1983 Dan sal die jong meisies dans van blydskap saam met die jong mans en die ou mans. Ek sal hulle droefheid in vreugde verander, Ek sal vir hulle uitkoms gee: Ek sal hulle bly maak, hulle sal geen kommer meer hê nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dan sal jongvroue vreugde vind in kringdanse, ook jong manne en ou manne saam met hulle. Ek sal hulle rou verander in vrolikheid; Ek sal hulle troos, en aan hulle vreugde gee in die plek van hulle droefheid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan sal die jong vroue weer bly wees en dans, en die jongmans en die ou mans sal saam met hulle dans. Ek sal hulle rou verander, en hulle sal vrolik wees, Ek sal hulle lewe verander, hulle was hartseer, maar Ek sal hulle bly maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die meisies sal dans omdat hulle bly is. Die mans, of hulle nou oud of jonk is, sal deelneem aan hierdie vrolikheid. Die Here sê Hy sal hulle gehuil verander in blydskap. Hy sal hulle troos. Hy sal hulle depressiewe gevoel wegvat en in die plek daarvan vreugde gee.