Jeremiah 31:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom sal hulle kom en sing op die hoogte van Sion en saamvloei na die goedheid van die HERE, oor koring en wyn en olie en vir die kleinvee en beeste; en hulle siel sal wees soos 'n besproeide tuin; en hulle sal glad nie meer treur nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle sal terugkom en vrolik sing op die hoogtes van Jerusalem. Hulle sal straal van blydskap oor die goedheid van die Here. Hy gee graan, nuwe wyn, olie, lammers en beeste. Hulle lewens sal wees soos ’n tuin met volop water. Hulle sal nie meer rede hê om hartseer te wees nie.
Afrikaans 1933/1953 En hulle sal kom en op die hoogte van Sion jubel en toestroom na die seëninge van die HERE, na die koring en die mos en die olie en na die jong skape en beeste; en hulle siel sal wees soos 'n welbesproeide tuin, en hulle sal verder nie meer kwyn nie.
Afrikaans 1983 Hulle sal kom en op die Sionshoogte sing, hulle sal straal van blydskap oor die goeie wat deur die Here gegee word: oor koring, wyn en olie, oor die aanteel van kleinvee en grootvee. Hulle sal floreer soos 'n tuin wat goed natgelei word, hulle sal nie meer na water smag nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle sal kom en jubel op die hoogte by Sion; hulle sal van vreugde straal oor die goedheid van die Here, oor koring, •nuwe wyn en olie, en oor lammers en beeste. Hulle sal wees soos 'n natgeleide tuin; hulle sal nie weer wegkwyn nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Israeliete sal kom en sing op die hoë Sionsberg. Hulle sal bly wees oor die goeie dinge wat die Here gee, oor die koring en die wyn en die olyf-olie, en oor die lammers en die kalwers. Hulle sal self wees soos tuine met baie water, hulle sal nie meer dors word nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle sal terugkom en op die hoogtes van Jerusalem sal hulle vrolike liedere sing. Hulle sal bly wees omdat die Here so goed vir hulle is. Hy het vir hulle graan, wyn en olie gegee. Verder het Hy ook vir hulle skape en beeste gegee. Dit sal goed met hulle gaan. Hulle lewe sal wees soos ’n tuin wat genoeg water kry. Hulle sal nie meer rede hê om hartseer te wees nie.