Jeremiah 31:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hoor die woord van die HERE, o nasies, en verkondig dit in die kuslande wat ver is, en sê: Hy wat Israel verstrooi het, sal hom versamel en hom bewaar soos 'n herder sy kudde.
Afrikaans (NLV) 2011 “Nasies, luister na die woord van die Here, vertel dit in veraf kuslande. Die Here het Israel uitmekaar laat spat, Hy sal hulle weer byeenbring. Soos ’n herder sy skape oppas, so sal Hy hulle versorg.
Afrikaans 1933/1953 Hoor die woord van die HERE, o nasies, en verkondig in die kuslande wat ver is, en sê: Hy wat Israel verstrooi het, sal hom vergader en hom bewaak soos 'n herder sy kudde.
Afrikaans 1983 Hoor die woord van die Here, nasies, vertel dit aan die verste eilande! Julle moet sê: Hy wat vir Israel verstrooi het, sal hom bymekaarmaak. Die Here sal hom oppas soos 'n wagter sy trop skape oppas.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Hoor die woord van die Here, nasies! Maak dit bekend op die verste eilande, en sê, ‘Hy wat Israel verstrooi het, sal hulle bymekaarmaak en hulle oppas soos 'n herder sy kudde.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Volke, julle moet hoor wat die Here sê, julle moet dit vertel in die lande ver langs die see, julle moet sê: “Hy wat die Israeliete gejaag het na al die kante toe, Hy sal hulle bymekaarmaak en Hy sal hulle oppas soos 'n herder die skape oppas wat aan hom behoort,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het iets vir die nasies te sê wat Hy wil hê hulle moet hoor. Selfs lande wat baie ver is en by die see is, moet dit hoor: die Here het sy volk uitmekaar laat spat. Maar Hy sal hulle weer bymekaarmaak. Hy sal hulle oppas soos ’n herder sy skape oppas.