Jeremiah 30:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want in dié dag, spreek die HERE van die leërskare, sal Ek sy juk van jou nek afbreek en jou boeie verbreek, en vreemdelinge sal hom nie meer dien nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Daardie dag,” sê die Here, die Almagtige, “sal Ek die juk breek wat op julle nekke is en julle boeie verwyder. Geen vreemdeling sal meer oor julle baasspeel nie.
Afrikaans 1933/1953 En op die dag, spreek die HERE van die leërskare, sal Ek sy juk verbreek van jou nek af en jou stroppe stukkend ruk; en vreemdes sal hom nie meer diensbaar maak nie.
Afrikaans 1983 Daardie dag, sê die Here die Almagtige, sal Ek die juk van die vyand afgooi van julle nekke af en julle vry maak. Julle sal nie meer uitlanders dien nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op daardie dag,’ is die uitspraak van die Here, Heerser oor alle magte, ‘sal Ek sy juk van jou nek af breek en jou stroppe uitmekaar ruk. Vreemdes sal hom nie langer verkneg nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here wat oor alles regeer, sê: “Daardie dag sal Ek die juk van hulle nekke afhaal en Ek sal die bande breek. Hulle sal nie meer vir ander mense moet werk nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In dié tyd sal Ek die juk breek wat op my mense se nek druk. Ek sal ook die kettings waarmee hulle vasgemaak is, uitmekaar laat spat. Geen vreemde mense sal meer oor hulle baasspeel nie. Ek is die Here wat sterker as alles en almal is!