Jeremiah 30:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) ai! want dié dag is groot, sodat niemand soos hy is nie; dit is selfs die tyd van benoudheid vir Jakob; maar hy sal daaruit verlos word.
Afrikaans (NLV) 2011 Nog nooit in die geskiedenis was daar al ooit so ’n verskriklike tyd nie. Dit is ’n tyd van moeilikheid vir Israel, maar op die ou end sal hulle daaruit gered word!
Afrikaans 1933/1953 Wee, want die dag is groot, sonder weerga! En dit is 'n tyd van benoudheid vir Jakob; maar hy sal daaruit verlos word.
Afrikaans 1983 Daar wag ellende! Dit is 'n vreeslike dag, sonder gelyke. Dit is 'n tyd van swaarkry vir Jakob, maar hy sal daaruit gered word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Helaas, want daardie dag is groot en sonder gelyke! Dit is 'n tyd van benoudheid vir Jakob, maar hy sal daaruit verlos word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Dit gaan baie sleg met die mense van Israel. Daar was nog nooit so 'n dag nie, hulle kry swaar, maar Ek sal hulle red.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is ’n verskriklike tyd wat die mense beleef. Nog nooit in die geskiedenis het mense sulke dinge deurgemaak nie. Dit is ’n tyd van baie probleme vir die mense van Israel. Maar op die ou einde sal hulle uit die moeilikheid gered word.