Jeremiah 30:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Vra julle nou en kyk of 'n man swanger word? waarom sien ek elke man met sy hande op sy heupe, soos 'n baarende vrou, en alle gesigte verander in bleekheid?
Afrikaans (NLV) 2011 Laat Ek jou ’n vraag vra: Kan mans babas in die wêreld bring? Nou waarom staan hulle dan soos ’n vrou in kraam: hande op hulle heupe, bleek in die gesig?
Afrikaans 1933/1953 Vra tog, en kyk of 'n manspersoon baar? Waarom sien ek elke man met sy hande op sy heupe soos een wat baar, en is alle aangesigte in bleekheid verander?
Afrikaans 1983 Gaan kyk self, vra gerus: Kan 'n man 'n kind in die wêreld bring? Waarom sien Ek dan elke man met sy hande op sy maag soos 'n vrou wat in kraam is? Waarom het elke gesig doodsbleek geword?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vra maar en kyk of 'n man geboorte kan gee? Waarom sien ek dan elke man met sy hande op sy heupe soos 'n vrou wat geboorte gee? Waarom het al die gesigte verbleek?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Julle kan vir almal vra en rondkyk. Kan 'n man 'n baba kry? Nee, hy kan nie. “Maar hoekom sien Ek dat elke man met sy hande op sy maag staan soos 'n vrou wat 'n baba kry? Hoekom is sy gesig bleek?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek wil ’n vraag vra: Kan mans babas hê? Nou waarom staan hulle dan bleek in die gesig met hulle hande op hulle heupe soos ’n vrou wat kraampyne voel?