Jeremiah 30:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek die ballingskap van my volk Israel en Juda sal terugbring, spreek die HERE; en Ek sal hulle laat terugkeer na die land wat Ek aan hulle vaders gegee het, en hulle sal dit besit.
Afrikaans (NLV) 2011 Die tyd kom dat Ek die omstandighede van my volk Israel en Juda sal verander. Ek sal hulle laat terugkom na hierdie land wat Ek vir hulle voorouers gegee het sodat hulle dit weer in besit kan neem. Ek, die Here, sê dit!”
Afrikaans 1933/1953 want kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek die lot van my volk Israel en Juda sal verander, sê die HERE; en Ek sal hulle terugbring in die land wat Ek aan hulle vaders gegee het, en hulle sal dit in besit neem.
Afrikaans 1983 Daar kom 'n tyd, sê die Here, dat Ek die lot van my volk Israel en Juda sal verander en hulle sal terugbring om die land te besit wat Ek aan hulle voorvaders gegee het, sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want kyk, daar kom dae,’ is die uitspraak van die Here, ‘dat Ek die lot van my volk Israel en van Juda sal verander,’ sê die Here. ‘Ek sal hulle terugbring na die land wat Ek aan hulle voorouers gegee het, en hulle sal dit in besit neem.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want die tyd sal kom wanneer Ek dit beter sal laat gaan met my volk Israel en met Juda. Dan sal Ek hulle terugbring na die land wat Ek vir hulle voorvaders gegee het en waar hulle gaan woon het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die tyd kom dat Ek dinge vir my mense weer sal maak soos dit vroeër was. Ek sal hulle laat terugkom na hierdie land wat Ek vir hulle voorouers gegee het. Hulle sal weer aan die land dink as hulle eie en hier bly.”