Jeremiah 30:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die gloed van die toorn van die HERE sal nie terugkeer voordat Hy dit gedoen het en totdat Hy die voornemens van sy hart volbring het nie; aan die einde van die dae moet julle daarop let.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here se verskriklike woede sal nie bedaar nie totdat Hy bereik wat Hy beplan het. Wanneer die tyd aanbreek, sal julle dit verstaan.
Afrikaans 1933/1953 Die toorngloed van die HERE sal nie afgewend word nie, totdat Hy uitgevoer en tot stand gebring het die raadslae van sy hart; aan die einde van die dae sal julle dit verstaan.
Afrikaans 1983 Sy gloeiende toorn sal nie bedaar voordat Hy sy plan deurgevoer het nie. Daar kom 'n tyd dat julle dit alles sal begryp.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die brandende toorn van die Here sal nie bedaar nie, totdat Hy die planne van sy hart uitgevoer, dit tot stand gebring het. Aan die einde van die dae sal julle dit verstaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here is kwaad, en Hy sal aanhou om kwaad te wees totdat Hy gedoen het wat Hy besluit het. Julle sal dit later goed verstaan.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here se woede is iets vreesliks. Dit sal nie bedaar nie totdat Hy gedoen het en bereik het wat Hy beplan. As die tyd aanbreek dat hierdie dinge gaan gebeur, sal julle dit verstaan. Alles sal dan duidelik word.