Jeremiah 30:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle edeles sal uit hulleself wees, en hulle goewerneur sal uit hulle midde voortgaan; en Ek sal hom laat nader kom, en hy sal na My toe nader; spreek die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Een van hulle eie mense sal hulle leier wees, nie ’n vreemdeling nie. Ek sal hom nooi om voor My te kom, want wie kan kom as Ek hom nie genooi het nie?” vra die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | En sy maghebber sal uit hom afkomstig wees, en sy heerser uit sy midde voortkom; en Ek sal hom laat aankom, en hy sal nader kom na My toe. Want wie is hy tog wat sy lewe daaraan waag om nader te kom na My toe? spreek die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Sy leier sal een van sy eie mense wees, sy regeerder sal uit sy eie kring kom. Ek sal hom laat nader kom en hy sal na My toe kom. Wie is hy wat sy lewe sal waag om na My toe te kom? sê die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy maghebber sal uit eie geledere kom; sy heerser sal uit sy midde voortkom. Ek sal hom laat nader kom, en hy sal tot My nader. Ja, wie is die een wat dit sal waag om tot My te nader?’ is die uitspraak van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Een van hulle sal hulle leier word en hy sal oor hulle regeer. Wanneer Ek hom laat nader kom na My toe, dan sal hy na My toe kom en My dien. Want niemand mag self nader kom na My toe nie, Ek moet vir hom sê om te kom.” Dit sê die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle sal nie deur iemand van ’n ander nasie regeer word nie. Een van hulle eie mense sal koning wees. Ek sal hom nooi om naby My te kom en hy sal kom. Wie sou dit waag om voor My te kom staan as Ek hom nie genooi het nie?” vra die Here. |