Jeremiah 30:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle kinders sal wees soos tevore, en hulle vergadering sal vasstaan voor My, en Ek sal besoeking doen oor almal wat hulle verdruk.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit sal met hulle kinders goed gaan, soos vroeër. Ek sal hulle weer as ’n volk voor My vestig. As iemand sou waag om hulle te onderdruk, sal Ek hulle straf.
Afrikaans 1933/1953 En sy seuns sal wees soos in die voortyd, en sy vergadering sal voor my aangesig bestendig wees; en Ek sal besoeking doen oor al sy verdrukkers.
Afrikaans 1983 Sy kinders sal weer soos tevore wees, die gemeente in hom sal 'n blywende plek hê in my teenwoordigheid. Ek sal almal straf wat hom verdruk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jakob se kinders sal weer soos voorheen wees; sy volksvergadering sal voor My bestendig wees. Ek sal van almal wat hom verdruk rekenskap eis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense van Jerusalem sal wees soos hulle voorheen was, hulle almal saam sal My dien, en Ek sal almal straf wat vir hulle verdruk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit sal met hulle kinders goed gaan soos vroeër. Ek sal weer sorg dat hulle my volk is. As iemand dit sou waag om hulle te onderdruk, sal Ek hulle straf.