Jeremiah 30:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En uit hulle sal danksegging uitgaan en die stem van die vrolikes; en Ek sal hulle vermeerder, en hulle sal nie min wees nie; Ek sal hulle ook verheerlik, en hulle sal nie gering wees nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die mense sal weer vrolik wees en liedere sing omdat hulle dankbaar is. En Ek sal hulle laat vermeerder. Hulle sal ’n groot volk wees, en ander sal hulle respekteer. |
| Afrikaans 1933/1953 | En uit hulle sal danksegging uitgaan en 'n stem van spelers; en Ek sal hulle vermenigvuldig, en hulle sal nie verminder nie; en Ek sal hulle verheerlik, en hulle sal nie gering word nie. |
| Afrikaans 1983 | Daar sal lofsange uit hulle kom, feesliedere! Ek sal my volk baie maak, hulle sal nie minder word nie. Ek sal eer aan hulle gee, hulle sal nie geminag word nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Uit hulle sal dankliedere opklink, en die geluid van mense wat dans. Ek sal hulle baie maak; hulle sal nie minder word nie. Ek sal eer aan hulle gee; hulle sal nie gering wees nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle sal sing en lag, almal sal dit hoor. Ek sal hulle baie laat word, hulle sal nie min mense wees nie. Ek sal sê dat mense hulle moet respekteer, hulle sal nie onbelangrik wees nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle sal weer vrolik wees en liedere sing omdat hulle dankbaar is. Ek sal sorg dat my mense se getalle groei. Hulle sal ’n groot volk wees wat deur ander gerespekteer word. |