Jeremiah 30:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE: Kyk, Ek sal die lot van Jakob se tente terugbring en My oor sy wonings ontferm; en die stad sal op sy eie hoop gebou word, en die paleis sal op sy manier bly staan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die Here sê: “Wanneer Ek julle terugbring uit ballingskap en julle lot verander, sal Jerusalem herbou word waar nou net bouvalle is. Die paleis sal ook weer soos voorheen lyk. |
| Afrikaans 1933/1953 | So sê die HERE: Kyk, Ek verander die lot van die tente van Jakob en sal My oor sy wonings ontferm; en die stad sal op sy puinhoop herbou word, en die paleis sal op sy regte plek staan. |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here: Ek sal die lot van Jakob se woonplekke verander, Ek sal My ontferm oor die streke waar hy woon: sy stad sal uit sy puin herbou word, sy paleis sal staan waar hy hoort. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “So sê die Here: ‘Kyk, Ek gaan die lot van Jakob se tente verander, oor sy wonings gaan Ek My ontferm. Dorpe sal op hulle puinhope herbou word, en vestings sal staan waar hulle hoort. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Ek sal dit weer goed laat gaan met die tente van Jakob, Ek sal weer jammer wees vir hulle woonplekke. Hulle sal die stad weer bou op die heuwel wat nou net klippe is, en die paleis sal weer staan waar hy moet staan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar Ek sal Israel se omstandighede verander. Ek sal hulle terugbring na hulle ou blyplek toe omdat Ek vir hulle omgee. Jerusalem sal weer op sy ou plek gebou word. Die paleis sal ook herbou word soos dit oorspronklik gelyk het. |