Jeremiah 30:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want Ek sal jou gesond maak en jou van jou wonde genees, spreek die HERE; omdat hulle jou 'n verstoteling genoem het en gesê het: Dit is Sion wat niemand soek nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal julle gesond maak en julle wonde genees,” sê die Here, “omdat julle ’n verstoteling genoem word: Sion, vir wie niemand omgee nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want Ek sal genesing vir jou tot stand laat kom en jou van jou wonde gesond maak, spreek die HERE; omdat hulle jou noem: die verjaagde. Dit is Sion, sê hulle, niemand vra na haar nie. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal jou gesond maak, jou wonde genees, sê die Here, selfs al noem hulle jou: Die stad wat verstoot is, Sion vir wie niemand omgee nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, Ek sal vir jou herstel beskik, jou van jou wonde genees,’ is die uitspraak van die Here, ‘al noem hulle jou die een wat weggejaag is – Sion, die een oor wie niemand navraag doen nie.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “Ja, Ek sal nuwe vel laat groei oor julle seerplekke en Ek sal julle gesond maak waar julle seergekry het.” Die Here sê: “Ja, mense van Sion, die mense het gesê die ander mense het julle alleen gelos, niemand soek julle nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê: “Ek sal sorg dat dit weer met julle goed sal gaan. Ek sal julle wonde gesond maak. Op die oomblik praat hulle van julle as ‘mense wat verstoot is; Jerusalem vir wie niemand meer omgee nie’. |