Jeremiah 30:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom sal almal wat jou opeet, verteer word; en al jou teëstanders, elkeen van hulle, sal in ballingskap gaan; en die wat jou buit, sal 'n buit wees, en al wat jou roof, sal Ek as buit gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maar eendag sal hulle wat julle verslind, self vernietig word. Al julle vyande sal self in gevangenskap gaan. Mense wat julle besteel, sal besteel word. Wie waag om julle aan te val, sal self aangeval word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, almal wat jou opeet, sal opgeëet word; en al jou teëstanders sal almal saam in gevangenskap gaan; en hulle wat jou plunder, sal geplunder word, en Ek sal almal wat jou buitmaak, oorgee as 'n buit. |
| Afrikaans 1983 | Almal wat jou verteer, sal verteer word, al jou teëstanders sal in ballingskap weggevoer word, dié wat jou plunder, sal geplunder word, dié wat jou as buit behandel, sal self buit word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom, almal wat jou verslind, sal verslind word; al jou teenstanders sal saam in ballingskap gaan. Hulle wat jou beroof, is bestem om beroof te word; en almal wat jou plunder, gee Ek oor om geplunder te word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was mense wat vir julle opgeëet het, maar ander mense sal húlle nou op-eet. Ander mense sal al julle vyande vang en wegvat uit hulle land. Ander mense sal die goed vat van almal wat julle goed gevat het. Ek sal almal wegvat wat vir julle weggevat het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar dit is ook so dat die mense wat julle probeer vernietig, self deur ander vernietig sal word. Al julle vyande sal self ook gevang en na ander lande toe weggevat word. Almal wat julle probeer onderdruk, sal self voel wat dit is om deur ander mense onderdruk en uitgebuit te word. Die mense wat julle besteel, sal op hulle beurt weer deur ander mense besteel word. Mense wat dit waag om julle aan te val sal self aangeval word.” |